Die ‘Vlaamse Auteursvereniging’ het verlede week ‘n kongres belê wat deur 130 van hul ingeskrewe 600 ledetal bygewoon was. Die doel van hierdie kongres was om die finansiële posisie van die Vlaamse skrywer te bepraat, want volgens Erik Vlaminck, voorsitter van die vereniging, “… (verdienen) de meeste Vlaamse auteurs het zout op hun patatten niet.”…