Ek probeer eerskomende Vrydagaand (20 Augustus) iets nuuts, by die Centurionteater. Ek het twee van Antjie Krog se gedigte, “Huwelikslied 2” uit die bundel Verweerskrif en “Verhuising” uit Beminde Antarktika, getoonset en die talentvolle kitaarspeler Erika Strydom gevra om saam met my op te tree. Ons gaan hierdie twee toonsettings opvoer, asook songs van my…