Kosmosse is mos kitsch. Ek het iewers gelees dat die sade van die blomme hier in Suid-Afrika beland het via die perdevoer wat vanaf Meksiko ingebring is vir die Engelse perde tydens die Anglo-Boereoorlog. Hulle is eintlik glad nie inheems nie. Maar ʼn sekere tyd van die jaar staan die paaie en veld hier in…