Op Adam O’Riordan se The Guardian-blogruimte lees ek ‘n interessante stuk oor poësie as prikkellektuur in die bed. Klaarblyklik het die Catholic Truth Society onlangs ‘n boek gepubliseer waarin paartjies aangemoedig word om eers saam te bid alvorens hulle in Bybelse terme mekaar “beken”. Die rede vir dié gebed des momentum is, volgens die skrywer “to place…