Posts Tagged ‘Es los dias ultimos.’

Heidi Pienaar. Die nuwe ‘groen’ stem in die digkuns.

Tuesday, June 8th, 2010

 

Die digter William Wordsworth se natuurpoësie is nie net ‘Romantiese literatuur’ nie, maar natuurlandskappe van die siel met ʼn profetiese stem.

 

“To me the meanest flower that blows can give

Thoughts that do often lie too deep for tears”

 

In die Afrikaanse poësie speel die natuur steeds ʼn intrinsieke en sentrale rol, hoe dan anders as hier dikwels van die oudste skedels ontdek word en die land spook van antieke beskawings .Ons lewens lê hier amper begrawe in die natuur.  Dis hier waar ʼn verlore skakel gevind kan word tussen die mens en die natuur so asof jy weet ‘stof is jy en tot stof sal jy terugkeer.  Wat my opgeval het was dat Engelssprekende lesers dikwels Afrikaanse gedigte wil lees omdat hulle sê dit steeds oor die natuur handel. In elk geval die mens voel in hierdie land nog klein teen die elemente. En dis goed vir hom om so ʼn bietjie nederig te word.

Wordsworth sê “Poetry is the image of Man and Nature” en al beweeg hy hoe verder weg daarvan as verstedelikte siel, hy hunker altyd daarna terug want in die natuur vind hy tog ʼn spieël vir sy emosies , gedagtes en gewaarwordinge. Die droogste stuk aarde kan vir hom mooi wees want dit herinner aan ʼn oop gemoed waarin hy kan mediteer.  Daarenteen is die natuurdigter nooit net ʼn beskrywer van die natuur soos ʼn natuurwetenskaplike nie.

Hoewel albei hul verheerlik aan die natuur is daar meer interaksie tussen die mens en die natuur by die digter.

Wordsworth skryf “What then does the poet? He considers man and the objects that surround him as acting and reacting upon each other so as to produce an infinite complexity of pain and pleasure , he considers man in his own nature and in his ordinary life as contemplating this with a certain quantity of immediate knowledge, with certain convictions, imitations and deductions which by habit become of the nature of intuitions”

By die digter is die plesier sintuiglik en intuïtief. By die digter kom die kennis van die natuur as ʼn gesamentlike lied gesing en gedeel deur ander. Die digter en ook in ʼn mate die natuurwetenskaplike sien homself steeds as beskermheer van die natuur. Soos ook in die nuwe temas in die Afrikaanse poësie en as dit deur gevestigde digters afgekraak word dan is dit net omdat hulle nie besef hoe kritiek die toestand van die aarde is nie. Selfs filosowe soos Fukuyama, Derrida en Leotard wat hulself glad nie as godsdienstig beskou nie en onderlings nie altyd met mekaar saamstem nie glo almal al aan ʼn filosofie  van ‘Endism’. Dis asof die mens selfs ʼn wanbalans voel tussen water vuur grond en lug.  Dus daar is ʼn nuwe profetiese stem in die poësie oor die natuur. Soos byvoorbeeld in Johan Lodewyk Marais se antologie ‘Groen ‘.

Interessant is dat Darwin aan ʼn vriend erken het dat daar twee dinge is wat hy glad nie nodig het in die lewe nie. Die een is poësie en die ander godsdiens. Daarop kan ek net antwoord die een is nie los te maak van die ander nie. As mens die skepping van die aarde lees dan is wetenskap, poësie en godsdiens alles Een.  Wat is meer poëties as die maak van Eva of die eerste reënboog. Sir Richard Gregory kan hierby aangehaal word “It is through the acceptance of the idea of evolution in the spirit as well as in the body of man that the partition which formerly seperated religion and science will be dissolved.” Die Beweging Jesus vir Jode het eens aan ʼn groepie van ons kerkvrouens verduidelik dat die slaan van water uit die rots deur Moses wetenskaplik bewys kan word want daar is groot soutaanpaksels wat water hou in rotse min of meer waar Moses se wonderwerk gebeur het. Al wat hy moes doen was om op die regte soutseël te slaan en siedaar water.

In Pushkin se karakter, Aleko, die blasé intellektueel wat ʼn sigeuner word in die gedig  “Gypsies” kan gelees word die hoop van die mens om rus te kry vir sy siel in die natuur. Aleko voel hy het iets verloor. ʼn Soort verlore paradys of anima wat hy net in die natuur terugkry. Solank as wat digters die waarheid soek sal hul oor die natuur skryf.

Lorca skryf oor gedigte wat duende moet hê. ʼn Soort donker passie wat uit die natuur kom. ʼn Fatalistiese bemoeienis met stof- is- jy- en- tot- stof- sal- jy terug keer wat altyd teenwoordig is in die Spaanse poësie.  Die natuur is die mees ideale sosio-politieke sisteem en daarom soek die mens na die skepper van so ʼn sisteem waar elke lewende organisme sy plek het.  Die Christen-genetekus Dr. Francis Collins beweer dat wetenskaplikes glo dat dit ingebou is in ons gene om na ʼn Hoër Wese te reik en dat  Dis nou as jou eie ego nie te groot is om Hom raak te sien nie. Niemand kan vir my sê hulle het nog nie opgemerk hoe diere met sonsondergang iets buite hulle self in die veld gewaar nie. Hulle staar met geprikte ore na die horison asof hulle iets erken. Volgens Professor Jean Vanier, seun van ʼn voormalige direkteur-generaal van Kanada en dosent in die Morele Etiek, is ateïste maar net “those who push aside false gods.” Volgens hom is al ons vrese .begeertes en drome direk in kontak met ons Skepper op ʼn onbewustelike vlak.

Die natuur sal altyd ʼn groot faktor wees in die Afrikaanse poësie maar met die verskil dat dit nou ʼn profetiese of groen stem het.  Al beweer ouer skrywers dat hulle minder daaroor sal skryf en al is die jonger nuwer digters nie so belese en berese nie, is hulle tog in voeling met die universele gedagte- stroom wat nou groen is. Hulle het immers in ʼn global village grootgeword.  Baie van die nuwe groen stemme kom uit lande soos Nieu Zeeland en Australië om ooglopende redes. Soos byvoorbeeld die ekologiese roman ‘The Limits of Green’ deur die Nieu Zeelandse digteres Rachel McAlpine.  Van die mooiste woorde in die Afrikaanse poësie vir my is uit Klein Siklus van G.A. Watermeyer;

“die kiewiet kla oor bleekwit gras

dat alles was, alles was.”

 

Ten slotte het Wordsworth lankal terug al hierdie profetiese woorde geskryf.

 

The world is too much with us: late and soon,

Getting and spending, we lay waste our powers,

Little we see in nature that is ours;

We have given our hearts away , a sordid boon!.

Tis sea that bares her bosom to the moon ,

The winds that will go howling at all hours

And are up-gather’d now like sleeping flowers

For this, for everything, we are out of tune.

 

ʼn Paar ander “groen’ en profetiese gedigte.

 

Walvisgedig-(this is the age of Aqauarius)

 

Jona lê uitgespoel op die strand

lig en leeg lê hy en dink

“O Vader Jahwe,

ons verwag so dikwels tekens van U

maar word self as U tekens uitgespoel

op onbekende plekke in onsself”

Jona lê en luister na die walvisse,

hul sang buig grense tussen hede en verlede

tot ‘n sagte murmeling van gedagtes uit ʼn oerlewe

kom roer in die agterkop

en deur ʼn ou radar van instink en intuïsie

leer hy soos ons om weer

met binnesang te kommunikeer

om die antieke onbekende stede

van die sintuie weer te red

met ʼn telepatie van  ʼn Skepper se Vreugde

want al meer weggekeer van ʼn koue wetenskap

splyt en duik ons

met die hart se donker vinne

vreemde vrugwaters binne

om aan ʼn oseaan van oergeluide

gestalte te gee.

 

 

ingreep

niemand sit ʼn nuwe stuk lap op ʼn ou kleed nie

maannag

dinsnag woensnag

!don!der!nag!

Vannag is dit weer slag op slag

soos megablitse laag op laag

myle deur die dampkring jag

verwarde wolkewinde kolk

die hele lugruim gloei soos vuur

die hemel rammel uur na uur

net ʼn paar los druppels reën

een verdwaasde wolk ween

ek dommel weg

met hierdie vraag:

gaan U werklik stikwerk waag

aan ons geskeurde ou-soonlaag

Wilhelm Haupt- Die Woordgilde.

 

DIE GOUE LEER VAN DNA.

 

Die                                                             Hemel

heliks                                                 die

van                                        van

hebsug                       Heliks

mu-                helende

teer       die

tot

-reik     min-

uit agting

dan                     maar

wat                        die

Drome                        gewete

van                            en die

Leer                             begeerte

Goue             na

ʼn

Hoër                 tot

Wese                      weer

Determineer                  Agenda

Negatiewe                Nuwe

Agenda           Definieer

En

 

 

Somnambulêre Ballade.

 

“groen, groen, ek is lief vir groen.  Groen wind , groen takke. Die skip op die horison en die perd op

die berg. Met die skadu op haar middel droom sy op die balkon, groen vlees, groen hare en oë koue

silwer. Groen, groen, ek is dol oor jou . Onder die sigeunermaan bekyk goeters haar, goeters wat sy nie kan sien nie” – Romance sonámbulo-Lorca.

Groen, groen, ek is ook dol oor jou.

Maar die aarde is ʼn slaapwandelaar

wat luister hoe ander harte ook na

mekaar skree soos nat krieke in die reën.

Groen, groen  ek is dol oor jou,

my groen trui hang aan die draad

soos ʼn meisie oor ʼn balkon

in haar hare silwer drade

haar gelaat soos nat herfsblare

wieg sy in die groen droom

van die wind wat uit haar moue

geel herfsblare gedigte skud.

Sy dink aan die aarde met koue visoë.

Want die aarde is besig om te sterf.

Al worstel silwer olyfbome biddend

soos ou monnike met engele van winde

en ook die drie engele van die reën

in kloosters sodat hul in die oggend afgeskud lê

swart bedekrale van bitter woorde.

Al reën dit elke dag om die swart skaduwee

van Golgota uit die sipresse te was.

Al sing die voëls die mooiste liedere

hul liedere droog op want die bome

gaan al meer dood aan petisies van papier

geteken deur ʼn kalligrafie van erdwurms

om egtheid daaraan te verleen.

Al skeur die reën die swart sluiers

van warrelwinde wat selfs die naaktheid

van die son probeer bedek.

Al probeer kortasem winde keer

dat al meer duine soos leë tente

blou getatoeëer deur die maan

oor die aarde uitbreek

Al neem ons foto’s van erosie

en noem dit landskapskuns.

Al hang ons van brugstele aan

groen naelstringe om ons solidariteit

met Moeder Aarde te bewys.

Al is die aarde se siek hart

al hoeveel keer vervang

deur ʼn vreemde komeet sodat die aarde

sukkel onder ʼn neonpasaangeër

met ʼn gebroke oorgang van seisoene

Al skryf ons op ʼn banier

“een koeël vir een papier”

Al sing die tortels na elke Tsunami

weer met die blinde ekstase

van die Eerste Reënboog in hul oë.

Al fluister die wind in die herfsbome

“Ek Is, Ek Is ” voor elke kouerwordende winter,

die aarde weet sy is besig om dood te gaan

Met haar natkriek hart en haar hare

die lou melk van die maan

hang sy oor ʼn balkon

en kyk na alles om haar

met koue visoë.

 

Es los dias ultimos

 

“on new-year’s morning 2003 I fell ill from a vision  I received overtaken with sores caused by chemical-biological weapons “.

 

Look for the signs they

of the last days

but the signs they come to us

the neighbour’s daughter

lying naked by the pool

H.I.V-positive without

her H.U.V.-sun-block

and oh the violence

of a flood

the Baby Grand upturned

and floating

with legs rigid and

belly bloating

like a mad convulsing cow

oh the smell of rotten carpets

like slimy infested river-banks of Vietnam

the draught settling

in our chests

like fog engulfing the town

and oh  a once remembered Tee-vee-program ,

“and here we have the police-horses now,

notice the brute show of force ………. “

the brown sinewy thighs of the water

like the sleek  sweaty flanks

of police-horses let loose into

bewildered masses

and oh when can we use the electricity

when can we switch on the tee-vee

when the presenter presents us

with more news update

of the latest flood or earth-quake

look for the signs they say

look in the Bible

when parrots will screech

es los dias ǔltimos

‘it is the end of days ‘

out of stricken trees

their beaks glistening like the sacred

broken foreskins

of the rainforests

and whirl-winds of greed

black shrouds

swallowing whole states

and towns

swirling around the roulette-wheel

of the sun

there’s no escaping these signs

they’re not exclusive

they’re within us

there’s no escaping it

even when we dive into the sea

we see the sinewy stingray

blowing itself up

into a nuclear cloud

and when slices of bread

fall off the knife

thin and sorry

like the discarded wings

of fallen angels

and the heaps of caviar

in the restaurant and sushi-bar

are no longer of taste but glow

like burnt out fires

along a war-path

and we teach our souls

to leave our bodies

in comparative steps

of pain

like little Russian dolls

big

bigger

biggest

and we live in the last days

waiting out the days

we wait

while bodies in Africa

lie with  the solidarity

of the dead

an impenetrable wall of bats

and we wait in the last days

polishing our stripped

wooden floors

like an eternally glowing hearth

and the day stacked neatly

gleaming with the empty

bubbly satisfaction

of clean soapy dishes

Es los dias ultimos

it is the end of days

the sea has become a bullfighter

fighting the bullish whales

swaying and teasing with it’s

monstrous hips

in shimmering purple and green

in blue satin and golden brocade

advancing and retreating

and luring at night

with it’s crimson waves

and sometimes the moon turns red

changing it’s golden cloak

so that it becomes a blood-diamond

leaving the gills of water

in bleeding scales

Es los dias ultimos

it is the end of days

oh look Lord

they have made a game

of piercing You in the Side

with the sea also lancing the

bull of the earth swaying with

earthquakes

and floods of blood

and Holy wars

and suicidal fires

and chemical -biological warfare

and heat-waves

and the kwashiorkor of land-hunger.

 

  •