Mense wat sukkel om te slaap, hou gewoonlik daarvan om woordeboeke te lees. Jy soek nie woorde op nie. Jy begin sommer enige plek en lees. By “m”, of “v”, of sommer die kort afdeling by “z”. Opeengestapelde, onverwante gegewens help om die kop af te skakel. Ek wonder soms wat insomniese leksikograwe lees…