Internet-verslawingsversteuring Hy’t homself vergeet, die ywer is weg, hy’s nou kuberwese, sy lot besleg; hy’s liggaamlik vasgenael voor ‘n skerm, maar, o, hy klets aaneen, of belewe so die metropolisse, en die grootse vistas van die aardbol, maar dis alles net klankseine en lig, ‘n verbeeldingswêreld wat sy siel blus – die ontdekker…
