viaticum sy doodsberig dop reeds af teen afgesperde mure in dae oue bloed, sy self fulfilling prophecy ver/seker voorspel; sy rede lê soos karikature van oordrewe glas gebars, permanent gerorschach teen die ekumene van donker stegies se blinde verkeer – daar is geen herwinning geen reïnkarnasie hier waar meer as die vlees sterf……
Tag: Floris van Zyl gedig
Floris van Zyl. Mense jaag
Mense jaag (‘n pastiche op Ina Olivier se “Mense jaag”) kinners jag en skarrel vir ching vir pakkies cheap chips soos die honger bakhand stol teen die vuilgeel skilfers van die verkeerslig hier en daar aangeraak deur hande bo-oor ruite wat net ontslae wil raak van hul sente © Floris…
Floris van Zyl. vier verse (en route)
vier verse (en route) kaapwaarts die plate kanola lê kunsmatig mensgemaak binne die renosterveld platter langs die kus meer gerond soos jy die overberg binnery op die N2 wes, witkopdorpers wei veldkleurig frieskoeie ‘n gevlekte kontras teen die groen van kuilvoer, die aalwyne se vlamme lê bruin en droog bitter en dood…
Floris van Zyl. ecce homo
ecce homo hoe mildelik na-aap ons God in ons vooruitgang: Kyk daar! die ystervoël, bloot sjabloon, tog word alle insittendes inherent aanbiddenes: soos die paartjie wat langs my geKindle ‘n nuwe via mystica betrap met hul stapskoene en engelse aksente; of die oosterlinge skuinsvoor (steeds gemasker) wie se mala-krale raaklings weggesteek word…
Floris van Zyl. oor Eskomme & somme
oor Eskomme & somme (met apologie aan Johann de Lange se ‘oor blomme en bomme’) Oor Eskomme het ek nog nooit gedig, mister Eskomme & substasies & spreadsheets. Ek verwyt elke loadshedding stage wat nie geheilig word nie (Eskomme klink soos Eksomme wat lyk soos ek + somme), & elke blackout ‘n blinddoek…
Floris van Zyl. Kaapse luiperd
KAAPSE LUIPERD (‘n Pastiche op “Bengaalse tier” van Johann de Lange) Die bergpaadjie is ‘n bruinkapel wat na modderpoele gulsig lek: vanuit die digte fynbos verrys ‘n ritseling van swart-en-geel windrosette en dit besin met oniks tuur verdoeseld hul vroom en langsamerhand tot voorop gespanne sprong dit omswenk en retireer met korter sluip…
Floris van Zyl. Prik
Prik die spreekkamer word weekliks ‘n vagevuur (‘n tydelike tussenwêreld) waar ek my sondige natuur kom bely binne hierdie keurig gemeubileerde sanktum waar styl en funksionaliteit fatsoenlik ontmoet begroet deur meer kundige as kunstige mure – daar in die hoek, agter valsmuur, die altaar wat met behulp van trap bestyg moet word: my…