Mombasa Wanneer Air Kenya se Boeing 737-300 naby Mombasa deur die wolke breek, sien ek lappies lande en groepies huise tussen palmbome in die plooie van die heuwelagtige landskap. “Eindelik – die hawe van Mombassa in gesig!” onthou ek Sangiro se woorde. In Op safari (1924) beskryf hy hoe hy en sy reisgenote destyds per…