Fourie Botha het in Bethal op die Hoëveld en op Nietverdiend in die Marico-bosveld grootgeword. Hy studeer uitgewerswese en Engels aan die Universiteit van Pretoria en het vir ‘n paar jaar opvoedkundige boeke uitgegee. Hy behaal ’n M.A. in Engelse letterkunde aan die Universiteit van Kaapstad asook ‘n M.A. in kreatiewe skryfwerk onder leiding…
Tag: Fourie Botha
Stilet 32(1&2) Opsommings/Abstracts
Soos ons reeds vroeër aangekondig het, sal Versindaba voortaan opsommings plaas van akademiese artikels wat in Afrikaanse en Nederlandse vaktydskrifte verskyn het om ons lesers op die hoogte te hou van verwikkelinge in die literêre teorie, veral ten opsigte van die Afrikaanse/Nederlandse poësie. Stilet 32(1&2) word gewy aan die werk van die digter en akademikus Joan…
Resensie: Krap uit die see (Fourie Botha)
Fourie Botha . Krap uit die see, Protea Boekhuis, 2017 Resensent: Gisela Ullyatt Fourie Botha debuteer in 2011 met Donkerkamer wat op die kortlys vir die Ingrid Jonkerprys (2013) verskyn. Die prys is daardie jaar aan Hennie Nortjé vir In die skadu van soveel bome toegeken. Ander aanspraakmakers op die kortlys was Jasper…
Andries Bezuidenhout. Digbundel maak nuus in Namibië
Fourie Botha se digbundel Donkerkamer is hierdie week in die nuus in Namibië – in die dagblad The Namibian – oor foto’s deur John Liebenberg uit die koerant se argief wat deur die digter gebruik is in twee van sy gedigte. Lees die storie hier.
Andries Bezuidenhout. Gedigte by Aardklop
Môreaand (7 Oktober) om 18:00 by die Boeke-oase. Gedigte en ʼn bietjie musiek. Saam met Johannes Prins, Fourie Botha, Martina Klopper, Jasper van Zyl, Anne-Ghrett Erasmus en ander. Ek vat my kitaar saam en sal iets hartseer sing, net vir ingeval iemand in ʼn té vrolike luim verkeer. Dis gratis, dink ek.
Digstring. Fourie Botha. My eerste Bybel.
My eerste Bybel Openbaring 5 Wie is waardig om dié boek oop te maak? Die verse versigtig geasterisk, God se beloftes dat Hy oor jou waak netjies met pen onderstreep, aangestip. Wie mag die sewe seëls breek? Die briewe van jou skoolvriend lees? Boekmerk by ‘n vergete preek: Die Here sou jou herder…
Resensie. “Donkerkamer” (Fourie Botha)
Resensent: Heilna du Plooy Fourie Botha se debuut bevat volgens die nota op die laaste bladsy van die bundel heelwat gedigte wat geskryf is tydens sy M.A.-studie in kreatiewe skryfkuns aan die Universiteit van Kaapstad. Die gedigte is dan ook inderdaad netjies afgerond en getuig van ʼn sorgsame skryfproses en deeglike besinning, sowel wat…
Digstring indeks
Hierdie inisiatief is na die voorbeeld van Brian Brodeur se hoogs suksesvolle weblog “How a poem happens“. Hiervolgens word op ‘n bepaalde gedig gefokus aan die hand van ‘n aantal standaardvrae aan die digter ten opsigte van die ontstaan van die betrokke vers. Ons glo dat gevestigde sowel as aspirant digters dié aaneenstring van digter en…