Ek het ʼn week of wat gelede genoem dat ek tans op die internet aan die rondkrap is vir digters uit Katalonië (en Barcelona, om meer spesifiek te wees). Ek kom toe af op ʼn paar Engelse vertalings van Francesc Parcerisas (geb. 1944) se Katalaanse gedigte. Parcerisas stel homself en sy poëtiese wêreld só bekend:…