Repliek op die voelisovering oor skisofrenie Michel Foucault: …The object, that is, is to write … (a) history, … of madness itself, before it has been captured by knowledge. Geagte Voelisowe, is skisofrenie ‘n vrug vir julle woordslaai? Julle wil psigose proe voordat kennis dit tem: ʼn argeologie van die waanstilte eerder as…
Tag: Franco Colin gedig
Franco Colin. Horing
Horing Met apologie aan DJO Die renoster ken nie porno nie, draf skommelend met dubbelloopneus, soek net ʼn koei om in seisoen te dek. Bedink nie sy libido nie, weet geen snars van ereksie of impotensie nie ̶ renosters ken geen porno nie. Jan of Yang, met eenhoringkompas buffelagtig vooruit, grawe by…
Franco Colin. Exit Corpus vulgaris
Exit Corpus vulgaris Met apologie aan M v N en die gewone seekat. Die poëet, doeksafpotsier, kan van die roede oprigting leer, ‘n gebrek aan ruggraat hidrodinamies besweer: bewaar die vierkamerpomp se aanpor, die grysstof wat kopgee aan limbiese drifte, vlugge vryversvoete, klandestiene tankatatoes in situ op kikvorsnerf, skurf soos papiruspaperasse, kultiveer kroonlugterkwatryne,…
Franco Colin. Bors
Bors Vir MH Haar sagte kerne is ru versteur: Die gewas het onbeteueld uitgebeur en is die begeerlike rondings uiteindelik met die mes verdring. Sy smag na die gulheid van profiel wat sy in beeld na beeld boetseer: Met klei besweer sy die verlies weer en weer tot rondborstige prosteses van keramiek….
Franco Colin. COVID-anosmia
COVID-anosmia Daar is geen liefde meer in nartjies nie. My ouma is haar kaneel kwyt en niemand, niemand ruik anys nie. Al die vroue is neusie verby. © Franco Colin, 2023
Franco Colin. Die nuwe herfs
Die nuwe herfs Die seisoen het gedraai: Bome hendsop in ʼn soeklig waarin die kaler takke baai. Blare skarrel aan wit stingels oor doodstil strate ̶ blou gebolde maskers wat steeds die gyselaars onthou. © Franco Colin, 2023
Franco Colin. Disritmie
Disritmie Vir kardioloog, Dr. Hanneke Dannheimer Wie kon weet?: Uit disritmie is poësie te maak. Donderdagmiddag om presies twee minute voor vyf begin my ribbekas hip-hop soos ʼn pulsar: Danksy vierdejaar mediese onderrig diagnoseer jy ʼn “onreëlmatige onreëlmatige” disritmie as ATRIALE FIBRILLASIE. Die EKG vol lukrake Mars-landskappieke bevestig die ongure vonnis. …
Franco Colin. Intensiewe sorg
Intensiewe sorg Vir H. Bedags, met internisjas aan, loop hy deur patryspoortdeure na ʼn ateljee van lewe-en-dood: sy stetoskoop gelei ritmiese kloppe; X-strale reduseer skelette tot etse en skanderings klief harsings tot abstraksies; kunslonge pomp soos konsertinas en kiemkuursop sypel in die sterwende fynproewer in. Vanaand, met klanke, vloeikaarte artistiek bemeester, vervel…