Posts Tagged ‘Francois de Jongh limeriek’

Francois de Jongh. Vonkelvrou

Monday, November 22nd, 2021

 

Vonkelvrou

Swierbol Arrie die Weskusser

Voorste vrouedelwer

Soek sy kokerdiamant

Kroonjuweel gesant

Maar kwartsgruis flous die delwer

 

© Francois de Jongh, 21/11/21

 

Francois de Jongh. Troebadoer

Monday, November 22nd, 2021

 

Troebadoer

 

Koos Lem se trekklavier

Het namakwalanders laat riel

Maar op’n vals noot

‘n Baba in sy sog gelaat

Te perd weg deur die rivier

 

© Francois de Jongh, 21/11/21

 

Francois de Jongh. Bandiet

Monday, November 22nd, 2021

 

Bandiet

 

Oom Kalekop kom kuier in die Boland

Gooi lepellê-oë maar ons het verstand

Sê nie more nie

Ook nie naand nie

Oes maar net die trosse in die wynland

 

© Francois de Jongh, 21/11/21