Kwatrynkompetisie (164) LAASTE KWATRYN
Saturday, May 1st, 2021
’n Laatnag kelderlied met Koos en Klaas en lenige Lenie Langnek
sorg vir lekker lag wat elke maskerbek van oor tot oor laat rek
maar steeds bly my gunsteling wynaand ’n glasie rooi of twee
selfs drie in my gelukkige plek styf langs fraaie Kaatjie Kekkelbek
© Francois Lötter, 2021