Dit was ’n koue aand op 24 Junie 1983 toe ons in een van die min restaurante in Bloemfontein se middestad gaan eet het. By die ete was daar letterkundiges wat die pas afgelope SAVAL-minikongres oor resepsie-estetika by die Universiteit van die Oranje-Vrystaat bygewoon het. Aan my regterkant was Leon Strydom, professor in Algemene…