LYDENSWEG (Hospitale) Saint Francis. Saint Peter. Saint Paul. Personeel lag in die gange. Pasiënte bid in beddens. Families huil langs oop grafte. Saint Anne. Saint Mary. Saint Helen. Die wat betaal mag bly leef. Dokters met hande vol bloed word vir hul foute vergeef. Calvary. Holy Cross. Faith. …
Tag: Frans van Rensburg gedig
Frans van Rensburg. Outo-immuun siekte
OUTO-IMMUUN SIEKTE (“Stiff person” Sindroom) Onse Vader wat in die hemel is, laat U wil dáár geskied. Ek, ʼn sterweling met marionetsieke wat op aarde is, laat mý wil hiér geskied, en wanneer dit tyd is, my kop weg skiet. © Frans van Rensburg, 2024
Frans van Rensburg. Nagmaal
NAGMAAL (Suster aan diens) In intensiewe sorg, die aand voor die tyd, sit sy langs my bed. “Gee jy om?” vra sy. Ek skud my kop. Twee medisynemaatbekers, een vir my, een vir haar. Hoesstroop en brosbrood. Sy breek die brood: “Neem, eet, dit is Sy liggaam.” Sy lig die maatbekers: “Drink,…