Die digter De Waal Venter maak melding van sy persoonlike muse, Yanni Euterpe in sy jongste bundel, Vrugbeginsel (Naledi, 2021). In die Griekse mitologie beliggaam die muses die godinne wat as inspirasiebron vir die skeppingsprosesse in die kunste en wetenskappe gedien het. Zeus en Mnemosune, die godin van geheue, het nege dogters gehad. Kalliope…