(in gesprek met Hannalie en haar rooi/blou diagonalestreep masker) vasbeslote gedagtes sit diep in die kristal van jou oë waar lewe beweeg wynrooi en ligblou braaksel-lyne oor die voordeur van jou gesig waar kinders geheues los torring in die saamheg van wang, na neus, na oogbank tot die gelaat saam in een…