Friedrich Nietzsche. Vertaling in Afrikaans
Monday, August 3rd, 2020
Friedrich Nietzsche. Vertaling uit Duits in Afrikaans. Vert. deur Waldemar Gouws
Tweespraak
A. Was ek siek? Is ek genees?
En wie was my dokter gewees?
Hoe’t ek dit alles vergeet!
B. Eers nou glo ek jy’s genees:
Want dié is gesond wat nie meer daarvan weet.
Zwiegespräch
A. War ich krank? Bin ich genesen
Und wer ist mein Arzt gewesen?
Wie vergass ich alles das!
B. Jetzt erst glaub’ ich dich genesen:
Denn gesund ist, wer vergass.
Uit: Die vrolike wetenskap (1887) nr. 4 in die “Voorspel in Duitse rympies” onder die titel “Grap, Lis en Wraak.” Lg. titel het Nietzsche van ‘n libretto deur Goethe, geleen.