Prof. dr. Lina Spies D. J. Opperman-gedenklesing 23 September 2011 Dames en here Die metafoor waarvan ek uitgaan by geleentheid van vanaand se gedenklesing oor die religieuse motief in die poësie van D. J. Opperman kom uit die gedig “Wederkoms” in sy bundel, Dolosse. Die betekenis van dié metafoor van ‘n “magtige magneet”…