Posts Tagged ‘gedig’

Breyten Breytenbach. Thomas Deacon

Tuesday, July 21st, 2020

 

 

 

blank is jy gebore

die lewe het jou bruin gemaak

en gaandeweg inkgekleur

totdat daar niks meer was

om weer te vier

of uit te blaak

in dood se swartpapier

 

© breyten breytenbach, 2020

 

 

Bert Bevers. Voor de luchtaanval

Tuesday, August 7th, 2012

Voor de luchtaanval

 

In de nacht van 30 op 31 mei

1942 lost de Royal Air Force

1500 ton bommen op Keulen

 

Vrienden die andere getuigenissen

af gaan leggen, maar ze weten dat

nog niet, aan een terrastafeltje:

“Wat een prachtige avond was het!”

“Lang geleden dat we nog eens zo

rustig hebben kunnen babbelen.”

 

Ze zuchten, steken een sigaartje op.

“En wat smaakt het bier weer zalig.

Laten we afspreken dit weldra nog

eens te doen. Het moet nu toch niet

al te lang meer duren dat de oorlog

is gedaan, en dat we opnieuw vrijuit.”

 

Het is warm. Een venster opent. Daar

begiet iemand liefdevol nog begonia’s.

“Las je onze kameraad zijn bundel al?”

“Ligt op mijn nachtkastje. Straks?”

“Wat bromt daar toch in de verte?”

“Het lijken wel vliegtuigen…..”

Glazen trillen.

 

                        © Bert Bevers

De Waal Venter. Die stem van ‘n vrou

Thursday, June 21st, 2012

Die stem van ‘n vrou

 

Die reënvoël vertel

van die dinge wat sy dink

as sy ‘n kleinkind se hand in hare hou;

die duif het iets te sê

van wat weggesteek

in haar hart lê;

die houtkapper tril aanhoudend

oor hoe sy werk, nooit ophou werk;

saans vertel die tarentale

reikhalsend vir mekaar

hoe sy verlang na die veld se geduld,

die berg wat die watertjie

moederlik aflei ondertoe.

 

Helderfluitend, met die stem

van rooikop-houtkapper

vul sy naatloos

die lewe van haar maat.

 

© De Waal Venter, 2012

Andries Bezuidenhout. Donker lig

Thursday, October 15th, 2009

DONKER LIG

Daar was eenmaal ʼn man wat wou weet
of sy yskas se liggie wérklik uitdoof
elke keer as hy die deur toemaak.
Vir dae lank sit hy met sy neus
styf teen rubber en magneet –
oop en toe, oop en toe, oop en toe.
Oor die bevindings van dié eksperiment,
kan ons maar net spekuleer.
Die man, so verneem ek, is lankal weggesluit,
vir die res van sy lewe gepreserveer,
verkluim hy in ʼn kamer waar buisligte
dag en nag aanhou dreun.
Dalk kan ons tog één beginsel
uit hierdie storie distilleer:

ʼn Skrefie lig maak blykbaar dat jy
die donker nóg beter kan sien.

Andries Bezuidenhout. Digitaliseer: Geweld elektronies

Monday, June 22nd, 2009

DIGITALISEER
“die oorskakeling is pynloos”

hoe het dit skielik stil geword –

tikmasjienvuiste wat deur lint
bloed uit blaaie moker

drukperse wat spore stamp
om aan die laksman rigting te wys

gietvorms wat viniel só martel
dat naalde gille uit groewe steek

speke wat films in rolle folter
suur wat papier gedaantes laat bieg

klaviere wat pleidooie uit snare hamer
beitels wat gestaltes uit klip kasty?

waar’s die rumoer van implemente
noudat ons geweld elektronies pleeg?

Andries Bezuidenhout. Op die pad tussen Ermelo en Morgenzon

Wednesday, May 20th, 2009

ʼn Vroeër weergawe van hierdie een sit op LitNet:

OP DIE PAD TUSSEN ERMELO EN MORGENZON

verlede oktober wou ek aan die slaap raak
op die pad tussen ermelo en morgenzon
maar die somer het begin en die stekelstamme
van verlede seisoen se mielies lê nog
vir kwaadgeld in die lande rond en krap
aan my oogvliese  word wakker swaap
word wakker  al maak die ritme van lande
deur jou vensterruit jou so vaak

ek wou verlede oktober op die pad tussen
ermelo en morgenzon aan die slaap raak
maar toe tref die een band ʼn slaggat
in die pad wat my nek agtertoe klap
en ewe skielik skyn die teer weer helder
in my oë al sluk ek aan ʼn gaap
ag here hou tog my oë oop
hou my tog wakker die radio is stukkend
die telefoondrade is stukkend

op die pad tussen ermelo en morgenzon
wou ek verlede oktober aan die slaap raak
maar ʼn flap vlieg uit die gras
en swenk weg net voor die kar dit tref
en ek dit vere en al finaal afmaak
draai die venster af skree vir die voëls
blaas die toeter die warm wind in
julle stommerike kyk waar julle vlieg
of moet ek galmende blikke aan die kar hang
vir julle en vir die slaap wat my wil vang?

ek wou aan die slaap raak verlede oktober
op die pad tussen ermelo en morgenzon
waar die pad nie meer oor die sandsteenbrug
ry waar wilgers se nuwe blare aan slap takke
suid waai sodat dit lyk asof die bome noord beur
en bloekoms met ou blare rondstaan soos in drome
en wolke van onder af na bo ontplof en oop breek
bo swart beeste en wit bosluisvoëls
o hoekom maak die pad
tussen ermelo en morgenzon my so vaak?

op morgenzon aangekom
is daar toe ʼn prokureur ʼn makelaar ʼn ng kerk
ʼn monument en ʼn kragstasie op die horison
toe ry ek maar verder na standerton

  •