Voor die kerk van Msida, Malta Brul verby julle jaagduiwels, want die lewe is kort en swenk onverhoeds soos die draaie om die baai van Msida. En wat baat dan die vrou in haar nis? ’n Armade van weelderige jagte wieg gelate voor anker. Die maat is Meditereense, die bries nog somers…