Posts Tagged ‘Gedigte oor vroue’

Ons vier Vrouemaand met kwatryne

Monday, August 1st, 2022

 

 

Stuur jou kwatryn oor ‘n vrou/vroue in en wen R500 EN die bundel Vers en Vrou.

Hierdie kompetisie is oop vir gepubliseerde en ongepubliseerde digters.

Die volgende reëls geld:

  • Gedigte moet bestaan uit een of twee kwatryne*.
  • Gedigte moet oorspronklik deur die digter wat dit instuur, geskryf wees en nog nie vantevore in druk verskyn het nie. Gedigte wat vir hierdie kompetisie ingeskryf word, mag later in ʼn bundel opgeneem word, met die nodige verwysing na Versindaba. Digters behou kopiereg van hulle gedigte.
  • Digters mag ʼn maksimum van 6 gedigte vir die kompetisie inskryf.
  • Indien ʼn foto die gedig vergesel, mag dit nie van die Internet afgelaai wees nie en moet dit van goeie kwaliteit wees, ongeveer 2MB in grootte – nie groter nie. Die naam van die fotograaf moet vermeld word. Indien foto’s nie aan die vereiste voldoen nie, sal dit nie geplaas word nie. (Maksimum een foto per gedig, maar dit is NIE verpligtend nie en sal ook nie in aanmerking geneem word by beoordeling nie.)
  • Die kompetisie sluit op 31 Augustus 2022.
  • Inskrywings word gestuur aan die Inhoudsbestuurder, Versindaba, taljard.marlies@gmail.com

 

Die beoordelaars se besluit is finaal en geen korrespondensie sal daaroor gevoer word nie. Indien beoordelaars verkies om anoniem te bly, sal hulle name nie gepubliseer word nie.

 

* Sien die volgende skakel oor kwatryne: https://literarydevices.com/quatrain/