Gedigte deur Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse digters Digters wat reeds gepubliseerde werk gelewer het by erkende en gevestigde uitgewers, kan nuwe verse aanstuur na Versindaba om op hierdie Gedigteblog gepubliseer te word. Gedigte sal gekeur word. (Hierdie indeks is bygewerk tot by 13 Desember 2024 – Redaksie) ________________________________________________________________________________________________________________________________ Inhoud [Alfabetiese volgens digters se vanne] A –…
Tag: gedigte
Fransi Niewoudt. Isomorfiese trompe- l’oeil
isomorfiese trompe-l’oeil ek skryf ander se gedigte op vensters: deursigtige woorde amperklanke wat vryelik aanhou omgekeerd sweef asof in water ook (as ´n voorteken van reën en uitkruipende visse wat tog weer vasteland verlaat) sandhoospollock ek die ou en nuwe meesters orals op kaste mure plafonne van tuiste en begrip ja, ek verf…
Bibi Slippers. Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond …
Ondersoek na die aard van die geskilderde windhond met spesifieke verwysing na die latere werk van Lucian Freud watter weeksdag is die wind- hond? mens wil dink ‘n woens- dag, maar, nee: die windhond is dunner, en ’n dinsdag, dus. wie se kind is die windhond? die aanteelt van ’n kuitspier en ’n…
Loftus Marais. Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond
Lucian Freud, en Lucian Freud se windhond om lyf te hê, is reeds intieme kennis van oordadigheid en maak nie saak hoe slank, ons vleis is swelsel en jy stoel ’n pose altyd, die gepofte okselvoutjies tussen bors en biseps, mens is spier en vet en swaartekrag en ons sit uit in kamers skadurig…
Jo Prins. vallers
vallers ons is grasieuse tuimelaars, vallers met styl – die truuk is om nie die aarde heeltemal te mis nie om met genoeg spoed hoogte te kry, met spanning en gepunte tone te kurkdraai, en dan te land asof niks gebeur het nie © Jo Prins / 2015
Hannalie Taute. Vir oulaas
Met September wat einde se kant toe staan en Lente wat klop aan my voordeur het ek gaan stil staan en besin oor die afgelope twee maande en tot die gevolgtrekking gekom dat dit sekerlik die ooievaar se besigste tyd is/was. Met soveel verjaarsdae agter die blad en onder andere my jongste seuntjie wat vier…
Hannalie Taute. Tussen die son en die maan vind ek woorde.
trugtaal – TT Cloete die taal is altyd ʼn seisoen en meer agter die toestand waaruit die woorde ontstaan het die son is sagter as hy afgekoel sit in die noorde en verste tot sy keerpunt gegaan het Ek open met hierdie gedig omdat ek so lanklaas iets vir Versindaba geskryf het. Terloops baie geluk…
Joan Hambidge. Outopsie
Outopsie My biologie-juffrou, ‘n slim plantkundige, besluit ‘n lykskouing sou die werking van die spysvertering- stelsel konkretiseer net ná die beskouing van die droë den se geslagsontwikkeling. Die distriksgeneesheer, insgelyks bysiende soos al sy brugmaats, blaas sy ou siel, kap ‘n lyk oop, geformalien en gelaken, voor ‘n bewerige matriekklas in-die-ou-plattelandse-Suid-Afrika in ‘n…