Posts Tagged ‘Geoff Dyer’

Andries Bezuidenhout. Geoff Dyer en die ding met skryf

Tuesday, May 7th, 2013

ʼn Paar jaar gelede het die bestuurder van my gunsteling boekwinkel in Johannesburg Geoff Dyer se “Jeff in Venice, Death in Varanasi” aanbeveel. Dankie tog vir boekwinkelbestuurders wat hul klante ken! Nou die dag loop ek Dyer se volgende werk in ʼn ander boekwinkel in Johannesburg raak – “Zona: A Book About a Film About a Journey to a Room”. Oor die ander boekwinkel: Dis nie dat ek promisku is as dit by boekwinkels kom nie, dis net dat die ou een nie meer bestaan nie. Die feit dat dit nie meer bestaan nie laat steeds ʼn leë kultuurgat in die myndorp waar die wêreld reeds halfpad hol is, om by Koos du Plessis te steel.

“Jeff in Venice…” praat natuurlik met Thomas Mann se boek. Dis egter uit die oogpunt van ʼn dekadente Britse joernalis, wat die Venesiese Biënnale bywoon, geskryf. Die boek se tweede gedeelte verwissel van rat en verskuif na Indië. Die volgende oor hierdie boek uit ʼn artikel in die New Yorker:

In the earlier books, Dyer’s characters failed to write not because they were indifferent to writing but because they wanted too much to write. Negative liberty expresses a fear of completion; if you never start a work, then at least there is no chance of your having finished it. To complete something is in some ways to make it disappear; not starting it is a pre-emptive strike against loss, a way of elegizing what has not yet disappeared. (Tellingly, Dyer has been repeatedly drawn to writing about epitaphs—ruins, cemeteries, and photographs, which are epitaphs of a frozen moment.) Time is what completes us, and time is what forces us into the endless repetition that is boredom and the tyranny of habit. Travel, sex, and drugs—Dyer’s recurrent interests—are ways to cheat time, are moments out of time. “For a few minutes anything seemed possible,” Dyer writes of getting stoned in Rome. Getting high, Jeff Atman [die karakter in die Varanasi-gedeelte van die boek] thinks, was “like a concentrated version of everything he had ever wanted from life.” Getting high might be seen as a maximization of negative liberty, where everything really can be pure potential.’

“Zona” as roman is eweneens ʼn vreemde eksperiment. Die boek bestaan uit ʼn beskrywing van “Stalker”, ʼn Russiese kultusfilm uit die laat-sewentigs. Kan ʼn roman wat ʼn film beskryf as ʼn roman werk? Ek dink nogal so. Dis terloopse opmerkings en kommentaar op die film wat “Zona” so ʼn besonderse boek maak. Dyer lewer in ʼn stadium kommentaar op die belangrikeheid van kommentaar (om en by bl. 150), eerder as literêre kritiek – m.a.w. wat gebeur as kunstenaars skryf oor wat ander kunstenaars se werk vir hulle op ʼn subjektiewe vlak beteken. In hierdie verband noem hy J.M. Coetzee se “Diary of a Bad Year”.

Nuuskierig oor Dyer en J.M. Coetzee gaan fynkam ek die web en kom op die volgende gesprek tussen die twee af – opgeneem by Adelaide se boekfees. Ek hou van Coetzee se sin vir humor, asook Dyer se grap oor Nadine Gordimer – nogal riskant, maar juis daaroor so suksesvol. Gaan kyk en luister gerus hier (vir Deel 1) en hier (vir Deel 2). Dyer se antwoord op Coetzee se vraag oor die tipe skrywer wat met vorm worstel is insiggewend, asook sy reaksie op ʼn latere vraag oor die stand van romankuns deur ʼn lid van die gehoor.

  •