Posts Tagged ‘Georgiese digters’

Nini Bennett. Kavalier van die eensaamheid.

Tuesday, December 6th, 2016

graneli-v

Amper ’n eeu na sy afsterwe word die Georgiese digter, Terenti Graneli (gebore Terenti Kvirkvelia) geherkanoniseer as een van Georgië se vernaamste digters.

Graneli is in 1897 gebore gebore in Tsalenjika, die westerse streek van Georgië wat eens die Kolchis genoem is. As seun van twee brandarm kleinboere voltooi hy sy laerskoolopleiding, en sit sy skolastiese studie op informele wyse voort. Ná sy ouers se dood beklee hy nederige betrekkings, eers as ’n spoorwegwerker, en later as ’n klerk by ’n dagkoerant. Maar die noodlot was van meet af Graneli se deelgenoot. Toe hy uiteindelik daarin slaag om sy eie huisie te besit, brand dié tot op die grond af. Graneli het egter een passie gehad, en dit was om ’n digter van faam te word. Hy debuteer in 1919, maar sy geestesgesondheid verswak sodanig dat hy die grootste deel van sy latere lewe in psigiatriese inrigtings deurbring. Op die ouderdom van 37 sterf Graneli aan selfdood.

Min digters wek soveel patos by lesers as Graneli, of Graneli se nemesis, die toonaangewende Georgiese digter, Galaktion Tabidze, beter bekend as Galaktioni. Galaktioni se bynaam was “die kavalier van die orde van die eensaamheid”, en, soos in die geval van Graneli, is daar baie ooreenkomste tussen dié twee digters. Ook Galaktioni bring jare in geestesinrigtings deur vir depressie en alkoholisme, en sterf nadat hy uit ’n oop hospitaalvenster spring. Galaktioni se oeuvre bestaan uit duisende gedigte, en die vertaling en herpublikasie daarvan is steeds in proses.

Graneli het graag snags begraafplase besoek en uit hierdie nokturniese meditasies inspirasie geput vir gedigte soos “Requiem”, “Morning Lines”, “Tombs of the Soul”, en “Memento Mori”. Die digter se werk is oorwegend spiritueel, maar eksistensiële pyn voer die botoon. Sy preokkupasie met selfopofferende lydensfigure soos Jesus Christus jukstaponeer ‘n metafisiese hulpeloosheid met dié van ekstase. Die religieuse intoksikasie in die strewe na geestelike verligting het ongelukkig gewen en bygedra tot Graneli se uiteindelike selfvernietiging. Nietemin lewer hy verse waarin eksistensiële nood eerlik en aangrypend verwoord word.

Net so ru en ontstuimig soos die geskiedenis van Graneli se heimat, die Eurasiese land in die Kaukasus, is die landskap: dis ’n land waarin ontsagwekkende berge in vulkane swyg; waar gletsers en sneeu in sommige streke nooit smelt nie. Maar dit is ook ’n land waar woude verrys en met verdrag verklee in haagbeuke, olms, esbome, kastaiings, en buksbome… En dis ’n kultuur wat ryk dra aan sy grotstede en die mites oor die grys wolf en die Goue Vlies. Dis die land van die asketiese digterlike kavaliers.

Vervolgens twee van Graneli se gedigte, soos vertaal deur Adam J. Sorkin and Nana Bukhradze:

Galaktioni and I

Yesterday, I was sick, I was dying,
Now Zozia must have me on her mind.
There’s a demon in Galaktioni
But there’s an angel in me.

Every day I receive precious letters.
I must go to the garden, today’s cold is bitter.
The earth gleams in Galaktioni
But there’s a heavenly spark in me.

Far away, the wind shrieks; nearby, a nemesis.
Night’s falling; it’s seven sharp.
There’s blue in Galaktioni
But in my verse, the abyss.

Yesterday, I was sick, I was dying,
Now Zozia must have me on her mind.
There’s a demon in Galaktioni
But there’s an angel in me.

Graneli het sy eie sterflikheid inderdaad besef. In “Memento Mori” skets hy ironies sy eie kentering na ontsterflikheid.

Memento Mori

Now I more often make mistakes
Now comes June and around is green grass.
My holy name will stay with poetry
My heart and blood is this “Memento mori.”

Today is the third of June, I want it to be the 13th,
Around me is a prison, grief purgatory
If I wanted life I would not pray for death
The ground had not been for me the black grave.

Somewhere near the mountain it rained, somewhere on the mountain is mist
Such kind of laughter I did not know before.
Now I am looking at the sky and the sky is lit up
By the stars’ symbols of white eternity.

Now I don’t know what to do when I am in this situation,
When the ghost of age steals on my soul.
I am a strong talent, celestial creature,
my soft country is azure.

What can I do, the night is black, heavy and hopeless,
I remember my village and its deaf places
Now I want something different, something different, without a name,
I know surely that I will be lost, dead.

The days are passing very slowly, and it’s difficult to analyze,
My dear! I cannot come, the road to you is very long
My surname, “Graneli” will stay with poetry,
My heart and blood this is “Memento mori.”

Erkennings:

https://en.wikipedia.org/wiki/Terenti_Graneli
http://faculty.washington.edu/mchilds/gis/texts/data/tg/dghesgushin_ge.html
http://geoliteka.weebly.com/graneli-terenti.html

  •