Posts Tagged ‘Gepubliseerde digters’

Aandag alle digters!! Gedig van die maand

Thursday, April 1st, 2021

 

 

 

Versindaba nooi alle digters wat reeds ‘n solo-bundel by ‘n vooraanstaande uitgewer gepubliseer het, om gedigte in te stuur wat in aanmerking sal kom vir Gedig van die maand aan die einde van Mei 2021. Ons beplan om voortaan op hierdie wyse erkenning te gee aan gepubliseerde digters. Gedigte moet oorspronklik wees, deur die digter self geskryf wees en nie ‘n vertaling wees van ‘n bestaande gedig nie. Die gedig mag wel later gepubliseer word met die nodige erkenning aan Versindaba. Die Digter van die maand ontvang R1 000 vir sy/haar gedig. Daar is geen beperking op die aantal gedigte wat ingestuur mag word nie.