Verlede jaar is die Franse letterkunde geskud toe briewe tussen die liberaaldenkende Bernard-Henri Lévy en aartspessimis Michel Houellebecq verskyn het. Pas het hierdie korrespondensie, wat in uiterste geheimhouding via e-pos gevoer is van Januarie tot Julie 2008, in Nederlandse verskyn met die vertalings deur Rokus Hofstede (Lévy) en Martin de Haan (Houellebecq). Volgens De Papieren Man se…