gilbert gibson. (kraglyne)
Saturday, March 4th, 2017(kraglyne)
Independence Day 2
Toe ek jou die eerste keer toe ek jou gaan jy deur my are
soos gif soos waarskuwing voor ʼn stuiptrekking die eerste keer toe
ek begin hoofpyn en twee Valiums meer as die edge wegvat
van stiltes in jou lyf verbeel ek my soos die stilte in pille
wat die omliggende willekeur ʼn litteken jou wange
En toe was jy weg ingehoue asem bitter gesluk en grys in my mond
soos fabrieke wat liefde dwing na stoere volwassenheid
en mens bewus maak van die drama in onheil
ʼn ongemaklike erflating en berou die ashoop van
Farmakologiese kalmte as jy doodgaan my gedagtes afmat
dat die soet verrotting in my prut soos die knorrige aan-
hangsels van die onderbos waar senuwees die wind my lippe
Oor kraglyne vergeet toe jy lastmanstanding alles stadig en
fatsoenlik ʼn stomme totsiens dooierus teen my voorkop vat