Gedig in vibrocrete Ek: vroeëperske-bloeisel, bespieder van vibrocrete heinings; die bure se boomlose jaart. Hulle hond howl soos Ginsberg sonder ’n beat. Geen kaddisj opgedra aan die ontwaterde son nie. Eerder ’n venynige wiegelied. Heilige Here van laerskooldae: kap my boom nie af nie. Hoor my pleidooi in kwynende onskuld. In takke na-droom-dink…
Tag: Gisela Ullyatt gedigte
Gisela Ullyatt. voor ek vertrek
voor ek vertrek voor ek vertrek wys my die grys omtes van jou hart die oneindigheid van silwer voor ek vertrek tem my doringvelde met origami-voëls harakiri die stilte in my voor ek vertrek © Gisela Ullyatt. 2016