My blou bundeltjie van Fanie Olivier se lieflike debuutbundel Gom uit die sipres is met plastiek oorgetrek. Buite-om is die prysomslag: ‘n manuskrip van hierdie bundel is bekroon met die Reina Prinsen Geerligs-prys in 1971 en binne-in is daar ‘n foto van die digter wat ek uitgesny het van ‘n jong, laggende Stefaans Olivier. My…