Posts Tagged ‘Grant Jefthas’

Nuwe Bundel. Grant Jefthas: AfvlerkMens

Wednesday, May 25th, 2022

 

 

AfvlerkMens

Grant Jefthas

Almal het ’n knou weg. Almal is op een of ander manier gebroke. In sy debuutbundel, AfvlerkMens, besin Grant Jefthas oor sy herkoms en bring hy hulde aan diegene wat ’n aandeel in sy vormingsjare gehad het.

In AfvlerkMens praat die digter direk met almal. Temas soos verlies, lewensstryde en oorlewing word saamgevleg en jy sal nie onaangeraak bly nie.

Oor die outeur

Jefthas is in 1986 in Franschhoek gebore en het skoolgegaan by Groendal Primêr en toe Groendal Sekondêr. Hy woon en werk tans in Stellenbosch (Maties) en het in 2009 sy BCom in kommunikasiebestuur by Noordwes-Universiteit (Potchefstroom) verwerf.

 

[Minimal Press 2022. Prys: R225.00]