Leon Retief. Die Griffin toekennings vir poësie
Thursday, November 7th, 2013Die Griffin poësieprys is na die beste van my wete een van die grootste ter wêreld wat net vir die digkuns bestem is. Hierdie prys is in 2000 in die lewe geroep deur die Kanadese sakeman Scott Griffin en word jaarliks toegeken aan een Kanadese digter en een digter van enige land ter wêreld (Kanada ingesluit) wat in Engels dig. Die bekroonde bundels moet in Engels wees. Die prysgeld word as volg toegeken: $10 000 aan elk van die sewe wat op die kortlys verskyn (vier internasionale digters en drie uit Kanada) en dan $65 000 aan elk van die twee finale pryswenners. Dit beteken dat elke pryswenner dan $75 000 in sy sak steek. Gesien die feit dat die mediane inkomste vir ‘n Kanadese gesin (gesin, nie enkeling nie) verlede jaar $76 000 beloop het is dit beslis ‘n stywe bedraggie. Toe ek laas gekyk het was een Kanadese dollar sowat R9,50 werd. Mens kan ook aflei dat daar nie broodgebrek in die Griffin-huishouding bestaan nie.
Vir diegene wat belangstel: slegs uitgewers mag ‘n boek voorlê en dit moet ‘n eerste uitgawe wees, oftewel, dit mag nie voorheen in enige land ter wêreld gepubliseer wees nie. Vertalings word ook in ag geneem en in daardie geval word die prys 60-40 tussen vertaler en digter gedeel.
Die trustees is Griffin self, Margaret Atwood, Carolyn Forché, Robert Hass, Michael Ondaatje, Robin Robertson en David Young.
Die pryswenners vir 2013 is Fady Joudah vir sy vertaling like a Straw Bird it Follows Me and Other Poems, ‘n vertaling uit Arabies van die Palestynse digter Ghassan Zaqtan se werke en David Mcfadden se What’s the Score?
Joudah, digter en vertaler, is ‘n dokter in Houston en Mcfadden van Toronto het in 1958 sy eerste bundel gepubliseer. Ek kon nie gedigte opspoor uit die bundels wat die pryswenners was nie en daar is ook maar baie min van hul gedigte op die internet te kry maar hier is een voorbeeld van elkeen se werk.
Mimesis
Fady Joudah
My daughter
wouldn’t hurt a spider
That had nested
Between her bicycle handles
For two weeks
She waited
Until it left of its own accord
If you tear down the web I said
It will simply know
This isn’t a place to call home
And you’d get to go biking
She said that’s how others
Become refugees isn’t it?
One-Legged Man in Shorts
David Mcfadden
He is standing in front of his home
surrounded by banana trees in fruit
in a little side street off the Calzade de Infanta
in Vedado just east of the university
He has a fed-up look on his face His eyes are very bitter
He is wearing shorts unusual in Havana
He is leaning on a crutch
and the stump
of his left leg
amputated
above the knee
is resting on another smaller crutch
at least that’s what it looks like from here
and I get the impression he lost his leg
in the Angolan war of liberation
and is tormented daily by the fact
his military pension is so miserable
he can’t even afford the little food
allowed on his ration card
I refrain from asking him
if I can photograph him
refrain from taking a snap
with or without his permission
refrain from going up to him
and asking how he lost his leg
or if he still loves Fidel
or how he feels about the spirit of Che
or how he feels about the U.S.A.
In fact I just keep walking with both
legs and both eyes straight ahead
like any self-conscious tourist from the
English-speaking universe or for that matter
any public agent from any country anywhere
on a fact-finding mission in a broken-hearted
dolorous dispirited ill-fed city turning to dust—