Posts Tagged ‘Hampie van Staden kwatryn’

Kwatrynwedstryd (134)

Wednesday, April 28th, 2021

 

Kleur , aroma en smaak

Dit vat hierdie wyn raak

Uit die wingerd is goeie druiwe geoes

Covid 19 kan dit nie sleg maak

 

© Hampie van Staden, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (114)

Monday, April 12th, 2021

 

Laat die glasies nou weer klink

beste wingerdwyn geskink

Laat virusvrees jou nie betrek

laat ons druiwenektar weer kan drink

 

© Hampie van Staden, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (62&63)

Friday, March 26th, 2021

 

62

 

Die geurige druif lê volrond in die mond

Wingerdstok geanker in vrugbare , kosbare grond

Covid het ongevraagd , ongesiens probeer om in te meng

Maar die wyn is weer lekker en gesond

 

*

 

63

 

Uit wingerd van druif na wyn

Amper het Covid alles laat verdwyn

Maar boere laat hul nie onderkry

Kwaaie stryd , nou is als weer fyn

 

© Hampie van Staden, 2021

 

 

Kwatrynkompetisie (58&59)

Thursday, March 25th, 2021

 

58

 

Sonenergie in die wingerd deur druiwe bymekaargemaak

In vate is wyn gemaak wat lekker smaak

Covid , met regeringshulp , het die bedryf geknak

Maar boere met hul hulp , sal dit reg weer maak

 

*

 

59

 

Druiwekorrels in die wingerd blink in die son

Boere en werkers het wyn gemaak toe hul kon

Die  epidemie het slegte spore nagelaat

Maar die wyn is uit ‘n goeie bron

 

© Hampie van Staden, 2021

 

 

 

Kwatrynkompetisie (54&55)

Wednesday, March 24th, 2021

 

54

 

Onseker is die Covid 19 toekoms

Ons wonder oor die entstof uitkoms

In die wingerde groei die druiwe vir die wyn

Jy sal nie wonder oor die herkoms

 

55

 

Die verkope van wyn het stil gaan staan

Baie mense se heenkome van die baan

Die Covid regulasies was die vlieg in die salf

Maar die groei in die wingerde het nie getaan

 

© Hampie van Staden, 2021