Karoo-gebed die aand was maanloos die sterre uitbundig ons het ’n bankie uitgedra verby die olyfboord en die nag ingeasem sonder ’n enkele woord ’n ligte wind het die nag se stemme aangedra kriek- en kikkerkore en die weemoed van ’n uil wyd uitmekaar het jou hande uitgereik na bo die flonkering…
Tag: Hannes Visser gedig
Hannes Visser. Brief
Brief pa na soveel jare skryf ek in onvermoë tot gebed vir jou ’n brief ’n soenoffer wat ek aan gode wat ek nie ken nie toevertrou dat hulle jou kry waar jy jou bevind oom sakkie het gesê jy was die sagsinnige die oudste broer wat net alles wou gee die…
Hannes Visser. Die buitekant
Die buitekant ek het ‘n vertaalde boek gelees Die buitekant van Meneer Jules wat dood op die rusbank sit waar hy besig was om koerant te lees sy vrou vertel niemand want sy het nog te veel om hom mee te deel soms om tienuur kom die buurvrou se seun om ‘n…
Hannes Visser. Ne regrette rien (M)
Ne regrette rien ek het geen spyt of verwyt oor een enkele besluit elkeen is geneem in sy eie ruimte en op sy eie tyd ‘n vriend het op ‘n keer gesê ons heel eerste asem is die begin van ons heel laaste met ‘n reis tussenin hierdie kliniese kamer is my…
Hannes Visser. Kitskuur (M)
Kitskuur facebook is jou handige instap kitshospitaal om die hoek elke jan rap en sy vrou san se eie mediese woordeboek wie het nog tyd vir wagkamers van veeartse en dokters swel jou hond se knaters vra raad by jou facebookmaters het jou baba koors en huil ure aaneen moenie verder soek …
Hannes Visser. Onverhinderd (M)
Onverhinderd die Khoisan se woord vir een is /Gui maar hulle sê alleen kan ‘n mens nie /Gui wees nie daar moet nog een wees wat jou sien en jou bestaan sal beaam só moet die aanloop tot die dood verloop nie alleen nie maar as /Gui met iemand wat jou weggaan…
Hannes Visser. Noodgeval (M)
Noodgeval die kliniek is nader maar hulle kyk en dispense net vir ‘n dokter moet sy dorp toe met klein Anchoinette die gaurdie vat haar twintigrand no charge for babies under three hy kyk na haar toegeswelde oog only the truth shall set you free is jy en die baby okay…
Hannes Visser. Vergifnis
Vergifnis op vier en veertig kom die besef dat hy sy stiefpa nooit werklik gehaat het nie dat hy bloot ‘n volgende man van sy ma was wat nie die naam pa gehad het nie vir hóm het die man wel ‘n naam bekom here comes poesface again as hy smiddae van…