Die Biker ‘n bronstige biker van Benoni sê sy goose moenie so moanie toe hy spoed begin kry het sy gatkant afgegly omdat sy nie vaster wou klou nie © Hannes Visser, 2021
Tag: Hannes Visser limeriek
Hannes Visser. Onthulling
Onthulling ‘n celeb anderkant makwassie onthul toe mos op die kassie haar huw’lik is verby sy kan nie langer bly by ‘n man wat hom nooit wassie © Hannes Visser, 2021
Hannes Visser. Kerktorings
Kerktorings Die kerkraad hoor Maandag eers alles Hul vra of mevrou dominee dan mal is Sy’t glo aan koerante loop vertel Alle kerktorings is uit die hel want, meen sy, elkeen trek op ‘n fallus © Hannes Visser, 2021
Hannes Visser. Netta van De Aar
Netta van De Aar Die mooie Netta van De Aar Voel die hele week vreeslik naar Dis van deurmekaar eet Laat slim ant San haar weet Maar nig Netta wis dis nie waar © Hannes Visser, 2021