Hans du Plessis. Paasbelydenis
Thursday, March 24th, 2016PAASBELYDENIS
U het my sonde ontvreem,
en die straf op U geneem;
U kon uit die bitter graf
die donker dood bestraf.
U het redding gebring,
Heer, U het opgestaan
en my vooruitgegaan!
Laat ek u lof besing:
ek wil U loof, o Heer,
U prys tot in ewigheid;
ek wil jubel tot u eer,
juig oor u majesteit!
U aardse dood aan die kruis
borg lewe in die Vaderhuis!
Eersterivier in die Tsitsikamma, Maart 2016
©Hans du Plessis