Hoe moet ʼn huis lyk waarin ʼn mens kan skryf? Dit moet boekrakke hê. Daar moet woordeboeke wees. Die HAT. ʼn Tesourus. ʼn Entimologiewoordeboek. ʼn Paar tweetalige woordeboeke – Afrikaans-Engels en Afrikaans-Nederlands. Daar moet ʼn kombuis wees, waar jy koffie kan brou en hawermoutpap kan stook, met heuning en geroosterde amandels. Daar moet kaas wees…