hector-pietà uit die marmerkolom van my spoegwit taal probeer ek verleë vir die seun ‘n beeld boetseer willoos hang die hande wat die koeëls wou keer die knie ongedwonge geknak so sag so onbrutaal gewillig die lyf tot fetus getroos deur kartetsmetaal in die lokasie…