Twee nuwe Stemgrepe: Heilna du Plooy
Tuesday, October 6th, 2020Heilna du Plooy. “Ná-gepraat” en “Onbeperk ingeperk”. N.P. van Wyk Louw 50.
Posts Tagged ‘Heilna du Plooy gedigte’Twee nuwe Stemgrepe: Heilna du PlooyTuesday, October 6th, 2020Heilna du Plooy. “Ná-gepraat” en “Onbeperk ingeperk”. N.P. van Wyk Louw 50. Heilna du Plooy. BinneblikSunday, April 19th, 2015Binneblik
Met skemer en vroeg soggens kan sy glo, deur stof en mis, ougoud en perlemoen, deur die gelaagde strale gloed en lig, dat daar ’n waardigheid in dinge is, dat die verhale deursypel en saam vloei tot ’n gety in tydelose tyd.
Die ongenade van die middeldag laat elke dorp so weerloos oop en bloot, verkwansel aan verglyding en verweer voor elke blik wat ongenaakbaar kyk. Hoe sou die ou verhale nuut kon word as die welbehae uit die oë wyk?
Radeloos oor ’n ramp wat ruim beskou geen ware ramp is nie, staan sy nogtans gans leeg, geluideloos verlam, en wens vir nuwe oë, vir ’n ander blik, omdat die kyk wat tot herkenning lei, meer verg as wat twee oë registreer.
Daar is ’n buitelyn en ’n fatsoen, ’n vorm, formaat en die kontoere, daar is die plasing en die samehang, maar fynkyk wys die breuke in die beeld: die koue onderstroom spoel sterk en kalf belangeloos bekende walle weg.
Sou sy dalk tog met hierdie onpaar oë in streke van groot onwaarskynlikheid ’n buitetydse duursaamheid kon saamraap? Sou sy nagblind die donker in kon roep dat uit skakeringe van swart ’n dorp asof voor skoongewaste vensters sou kom staan?
Sou sy aan rommelwinkels van vreemdes wat taalloos kommunikeer, aan klinies gekloonde koopsentrums, aan vergane slaggatbedolwe strate, aan sieklik stowwerige bome en slordige sypaadjies sin kon gee deur hoe sy kyk?
Die huise meer as bousels bloot van steen, omdat die mure numineuse aarde is, die vensters en die deure oopgeskreef op die menslikste mistiek van menswees en die strate nuutherstelde roetes wat lewens met lewens ryklik verbind?
Al hoe meer, al hoe meer lê al dieper ágter die oë, lewensonthalwe. Op die onpaar oë aangewese vir die binneblik om sagter te kyk, kies sy die goue ure van min lig en die genadige blou van die nag.
© Heilna du Plooy / 2015
Heilna du Plooy. In die streke van die windTuesday, November 19th, 2013In die streke van die wind
Ons sewentig of tagtig is bloot ’n fragment, ’n partikeltjie tyd en ’n spikkeltjie plek in ’n omvang wat ons nooit kan ken nie.
Oor die uiteindelike hiërargieë, die grootse patroon, bestaan daar slegs vermoedens; die oorkoepelende ordening is onbegryplik.
Nogtans, nogtans, nogtans:
As ons ’n sentrum of ’n enkelheid nie kan bedink, omvat of voorstel nie, is daar onteenseglik nog die oral en die alles.
Deurentyd in voel en weet is daar invulling en aanwesigheid: soos lug, soos wind vly iets voortdurend teen ons aan.
“Ek dink so baie oor die wind,” sê sy dikwels in die laaste gesprekke, soos altyd oor idees, oor stories en oor boeke.
“Dit is belangrik om wind te verstaan, te probeer verstaan. Waar lug is, is wind. Waar lug roer, roer wind.”
Ons praat oor dít wat agter woorde lê, oor die belang van vaagheid, oor die ryklike dink wat glip en gly, syig soos asem.
In ’n vriendskap sonder eise, onafhanklik én verbonde kón ons praat selfs oor onsienlike wind: ons was mekaar hartgrondig goed gesind.
Die metgesel, konkreet en wit en asemloos − “human kind cannot bear very much reality” − hou sy weg, van hom weerhou sy die bewussyn.
Lewe en begeerte is beweging en net dit wat leef, kan sterf − “the bitter apple, and the bite in the apple” − en waar jy was, sal lug en wind en oopte wees.
Nogtans, nogtans, nogtans:
Die groot duif tref die motor voluit, slaan gat oor kop, sy vlerke uitgesprei en spat dan op, sy vere verstrooi in die vlugstroom agter die kar.
Op die voorruit lê sy vorm, onderstebo in fyn poeier geëts, ’n geboë hoof en vlerke wat afwaarts bly duik.
Wat asem was, kan ook lug wees. As jy lug is, kan jy ook wind wees: stormwind, dwarrelwind, aandwind.
Daar is drie dinge wat ek nie kan verduur nie, nee, vier wat ek met ontroering onthou, jou stem, jou oë, jou stem en jy,
met wie ek steeds in gesprek wil tree.
© Heilna du Plooy / 2013
Heilna du Plooy. Grond en lugThursday, August 29th, 2013Grond en lug
Al die rusie en twis − van tyd tot tyd onvermydelik en onafwendbaar oorlog − oor grond, is inherent aan die bloedlyn van die mens se verhale van hartstog.
Die Iraeliete het, met sanksie, Kanaän se stede met trompetgeskal en luide skreeue platgeraas. Alexander die Grote was ’n rasegte ou kolonialis, wie se hele kort lewe aan grondgryp gewy was.
Die Romeinse kolonies was oral versprei, en voortdurende oorloë het daartoe gelei dat hulle byna vergeet het van ’n nageslag. Toe steel hulle die arme Sabyne se vroue.
Sterk lande buit steeds groot stukke aarde. Grondgebied is beloning en straf: by Trianon het hulle Hongarye ’n hele driekwart kleiner geknip. En in Afrika is dit die enigste beloning van waarde.
Nou − al die geswymel, al die gekweel oor die liefde vir grond: dis my hart, dis my plek, my herkoms, (my geld!); daaroor het ek nou ’n vragie te vra.
Hoe kan jy van alles vir grond die heel liefste wees, as dit net jou voete is wat met die grond kan vry? Dit is dan ook net so ’n platoniese platterige affêre, wat van aanraking op soolvlak moet probeer gedy.
Dis die lug wat jou eintlik en heeltyd omhels, wat elke plooitjie en voutjie van jou vel aanraak en ken, wat deur jou hare jou kopvel betas, wat jy inasem, waarna jy daglank en naglank snak.
Kyk maar die bome. Die wortels hou hulle regop om met die lug te flankeer. Die wind ken elke oksel en soen elke mik, die dwarrels kafoefel met blare wat giggel en tril. Voor sterk wind buig die boom en gee ekstaties gans mee.
Die lug dra klank na my ore en lig na my oë, hou my warm én koel my af. Soos ’n blom hou ek my gesig oop dat die lug my kan lek.
My hele oppervlak neig weg van die aarde, en op in die lug. Saam met hierdie klont grond, hang ek en die sterre in een enkele eter.
Waar woon ek dan en wat is my plek? Twee stukkies voetsoolgroot grond? Of die uitgestrekte omhelsende insluitende en liefkosende streke van wind en van lug?
© Heilna du Plooy / 2013 Heilna du Plooy. Die jagMonday, December 3rd, 2012
Die jag * “I love it. God help me I do love it so. I love it more than my life.” “War is natural. War is unnatural.”
Bushman – Maureen Quin
I die man
hy is skraal met uitgestrekte nek klein kop tog onmiskenbaar mens dit is ‘n stut waarteen hy leun
Hunters – Maureen Quin
II Die jagter
Dit is normaal, die jag, Hy is gemaak vir spoed, die dier, Op die dier se kruis sit ʼn klein figuur. Die man Van trillende neusvleuel tot stertkwas is die een natuur,
The chase – Maureen Quin
III Jag
Die grens tussen die noodsaak Weer en weer kom daar ʼn vyand, Die gewete oor noodsaak
The hunted – Maureen Quin
IV die prooi
hoe verskroeiend wie se arms oopruk en in die pandemonium The kill – Maureen Quin V Nawee Ná die geveg staan die jagter Sonder luister hoor hy die kreun Onder die las buig hy af van sy setel Miskien, iewers dieper as weet, Piéta – Maureen Quin
“Voordat jy omdraai “In jou huis sal hy saans “Jy sal oor hom buig Sou jy, in die aanloop, V Anagnorisis
Hoe vou ʼn mens sy liggaam Was daar in elk geval ooit iemand “Woordeloos sal jy jou skuld
Sacrifice – Maureen Quin
VI Pathos
Maureen Quin se reeks sluit Sy strek haar arms vorentoe uit Die beeld van die kind is klein,
* Gesprek met die beeldereeks “The hunt” van Maureen Quinn.
© Heilna du Plooy, 2012
|