Die landskap-gedig is altyd ‘n representasie van die digter se innerlike belewenis van ‘n plek. Terselfdertyd kan dit ars poëties of selfs polities wees. Toon van den Heever se “In die Hoëveld” is ‘n klassieke landskapvers: In die Hoëveld, waar dit oop is en die hemel wyd daarbo, Waar kuddes waaigras huppel…
Tag: Heilna du Plooy
Joan Hambidge. Ekfrasis Deel 1
I Die digter Johann se Lange het ‘n belangrike lys van die beelddig of ekfrastiese vers vir ons opgeteken op sy blog Kaapse paragrawe: http://johanndelange.blogspot.com/2012/09/ekfrasis-oftewel-die-beeldgedig-in.html Besoek 26 September 2023 Dit val nie te betwyfel nie dat vele digters in Afrikaans al hierdie moeilike digvorm behendig beoefen het. Die gedig wat handel oor ‘n skildery…
Digtersprofiel. Heilna du Plooy
Heilna du Plooy het in Bronkhorstspruit en Alberton grootgeword. Sy studeer aan die Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys en behaal in 1967 die B.A.-graad (met Afrikaans-Nederlands, Engels en Wiskunde as hoofvakke) en in 1968 die Hoër Onderwysdiploma. Sy studeer hierna verder aan die Universiteit van Pretoria en behaal haar B.A. Honneurs-graad in 1977 met onderskeiding…
Alwyn Roux. ‘n Geskiedenis van literatuurwetenskap in Afrikaans
Bestaan daar ‘n geskiedenis van literatuurwetenskap in Afrikaans? Tans is ek besig met die opstel van ‘n kurrikulum vir ‘n voorgraadse kursus in literatuurwetenskap in Afrikaans. As deel van die taak, lees ek die eerste hoofstuk van Terry Eagleton se Literary Theory: An Introduction (1996 [1983]), getiteld “The Rise of English”, sowel as die…
Wenners van Versindaba kompetisie vir vertaalde gedigte
Eerste prys Johann de Lange se vertaling van T.S. Eliot se “The Love Song of J. Alfred Prufrock” uit Engels in Afrikaans as “Die minnesang van J. Alfred Prufrok”. https://versindaba.co.za/2021/01/05/t-s-eliot-vertaling-in-afrikaans/ Tweede prys Heilna du Plooy se vertaling van Willem van Toorn se “De Jongenskamer” uit Nederlands in Afrikaans. https://versindaba.co.za/2020/11/24/willem-van-toorn-vertaling-in-afrikaans/ …
Gedigte vir Breyten Breytenbach: 16 September 2019
Breyten Breytenbach.”Pensief” Grafika, DWV Vir Breyten Breytenbach met sy 80ste verjaarsdag op 16 September 2019 Liewe Breyten, hiermee wens Versindaba jou geluk met die vername jarigheid vandag. Uit verskillende oorde het ons ʼn paar bydraes vir jou versamel (alfabeties vlgs van) as ʼn gebaar van waardering deur jou mededigters en ook om hopelik ʼn bietjie…
Carina van der Walt. Jeroen Bosch. Hel en Verderf
HIERONYMUS BOSCH, paintings for discussion and writings is ’n Klein Uiltjie-lesing wat op 24 Mei 2017 voorgedra is aan die Universiteit van Wenen. Aangesien prof. Rina Loader se groep studente by die vakgroep Afrikaans veral afkomstig is uit Oos-Europese lande soos Roemenië en Bulgarye, moes die lesing in Engels aangebied word. Die Afrikaanse…
Marlies Taljard: Ons is die mitemakers
Wanneer literêre tekste ter sprake is, impliseer die term mitologisering onder andere die interpretasie en weergawe van ʼn bepaalde wêreldbeeld. Veral in poëtiese tekste waarin oor die aard van die skryfhandeling besin word (Ars Poëtica) hang die mitologisering van gebeure dikwels saam met die verwysing na die oorsprong van die woord, wat ook die Woord…