Twee weke gelede gaan kyk ek met groot afwagting die honneursproduksie Nog ’n Hamlet met Christiaan Olwagen as regisseur. Na die sukses van sy stuk Woza Andries, ’n herskrywing van die politieke satire Woza Albert, het ek hoë verwagtinge gehad. Nog ’n Hamlet is as ’n “histories-komies-pastoraal-musiekblyspel-fisieke-spraakprogram-kinder-klug” geadverteer. Vier ure later het ek uitgeput en…