Tomorrow is Saint Valentine’s Day, All in the morning betime (Ophelia se lied uit Hamlet) Februarie is die maand van die liefde. Of so word dit soos koue kos aan ons opgedis. Tematies gaan jy nie sommer ’n tydskrif van die rak oprakel sonder belowende artikels oor bedsake, beertjies, ‘Vaaltyn’-hartjies en pienk lieflikhede nie….