Aan alle Afrikaanse skrywers Die trustees van die Helgaard Steyn Testamentêre Trust het bekend gemaak dat inskrywings tans ingewag word vir die 2020 Helgaard Steyn-toekenning vir Afrikaanse skryfkuns. Boeke wat in die tydperk 2016 tot 2019 gepubliseer is, word in aanmerking geneem. Die Helgaard Steyn-toekenning is geldelik een van die grootste, maar ook aansienrykste pryse…