isse Kôwit hier en ‘n Kôwit daar nou speel ek op my laaste snaar ‘n derde golf en die berg onner vuur maggie rooiwyn tog iets ligters baar © Helize Janse van Vuuren, 2021
Tag: Helize Janse van Vuuren kwatryn
Kwatrynkompetisie (127)
djy maak my Kôwithart so bly met djou voel ek na vry so sag so rooi so mooi as djy so in my keel afgly, o Caab-er-nij © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (125)
pleng rooiwyn wat die Kouwit-see verswart (elke druppel heel ‘n ou bruin hart) tussen vonkelglas en turkooissee bloei harte nog van dié apart © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (116)
Waterkrag /xam-ka !ke-ten /ne ta, !khwa: /i: ki ta§-i tƒwen-ta -ku [boesmans sê, water dra alles weg – Chrissiesmeer-batwa] Die kersvlam druip nou klein, ontlaer en ontheem, net die Kouwit-steenuil wat nog prewelend ween: “dis bloed wat hierdie oord se bossie-wortels voed”. Drink mêr-lou(w). Tale sypel weg, elke kieselsteen. © Helize Janse…
Kwatrynkompetisie (85)
By Wellington vroeër Von Wielligh se Leeuedans-plaas, met gepraat in Maleis en Afrikaans. Verdwene die stemme, die mense, die tale: net Covid-se-rooiwyn bring nog ‘n trans. © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (83)
Twintig jaar in eikehout bewaar dan gebottel vir nog ‘n jaar: ingeperk soos die Cabernet sit hul na die blouberge te staar. © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (68)
Onder die stert smeersels terpentyn as êrens nog neurie ’n serafyn. Bedroesemde wyn uit die ou seemanskis: skink nuwe rooies vir kwarantyn. © Helize Janse Van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (65)
Al ruik als na taal wat verdwyn (skaarse gelag of dans-klaradyn futloos die kroeses met Kouwit) – tog tintel die wynglas met wéérskyn. © Helize Janse Van Vuuren, 2021