Zbigniew Herbert – Vertaling in Afrikaans
Monday, October 23rd, 2017Zbigniew Herbert – Vertaal in Afrikaans deur Helize van Vuuren
.
Beskamende drome
Metamorfoses af na geskiedenis se bronne
na ’n kinderparadys verlore in ’n druppel water
vlugte agtervolgings langs muistonnels
insek-ekspedisies na die binneste van ’n blom
’n skielike wakkerskrik in ’n wielewaalnes
of ’n vinnige gehol oor die sneeu in ’n wolfvel
en op die kransrant ’n harde gehuil na die volle maan
skielike angs voor ’n wind met die doodsreuk
’n hele sonsondergang in die horings van ’n hartebees
slang se spiraal-vormige droom
die vertikale nagwaak van die tongvis
.
al dié dinge is geskryf in die atlas van ons lywe
en gedruk in ons skedelgrot soos voorouerkiekies
en so prewel ons die alfabet van ’n vergete tong
ons dans in die nag voor beelde van diere
geklee in vel skubbe vere en skulp
eindeloos die litanie van ons sondes
goeie geeste minag ons asseblief nie
ons het te lank gedwaal oor oseane en sterre
neem ons uitgeput bo ons kragte ín in die kudde
Zbigniew Herbert – “Shameful dreams” (in Report from a besieged city, 1983)
(vertaal H. van Vuuren, 19 Oktober 2017)
___________________________________
Shameful dreams
Metamorphoses down to the sources of history
of childhood’s paradise lost in a drop of water
flights pursuits along passageways of mice
expeditions of insects to a flower’s interior
a sudden awakening in the nest of an oriole
or a quick sprint across the snow in a wolf’s skin
and by a cliff edge a great howl to the full moon
sudden terror when a wind carries a killer’s smell
a whole sunset in a deer’s antlers
the snake’s spiral-shaped dream
the vertical vigil of the flatfish
all this is written down in the atlas of our bodies
and printed in our skull-rock like ancestral portraits
and so we recite the alphabet of a forgotten tongue
we dance at night before statues of animals
dressed in skin scales feathers ocean shells
infinite is the litany of our crimes
beneficent spirits do not spurn us
we’ve wandered too long across oceans and stars
take us wearied beyond our strength into the fold
Zbigniew Herbert – “Shameful dreams” (in Report from a besieged city, 1983)