Dusketyd deur te struikel breek jy deesdae ‘n heup of ‘n diskus tussen werwels gee meewarig mee twee stelle trappe uitgeklim word op Facebook gerapporteer lidmaatskap aan ‘n mediese fonds meer waardevol beskou as pêrels van weleer die woord kanker word gedemp bespreek terwyl jy vlugtig oor jou skouer loer…
Tag: Hendrik J. Botha gedig
Hendrik J Botha. Borskanker (M)
Borskanker Toendertyd ‘n vonnis met skalpel skêr en diatermie aangespreek: tot op been en ribbekas gestroop. Só word strelende kontoer tot ‘n vlakte geplunder. Daarna elke klier in die oksel gejag, jou arm gru en geswolle nagelaat. Deesdae speur ons haarfyn deur ‘n naald vir selle; ontleed om behandeling te beplan, die…
Hendrik J. Botha. Die dag toe my hond
Die dag toe my hond vra ek: hoe skryf jy ‘n gedig oor ‘n hond as soveel digters, lewend en dood, dit alreeds voor jou gedoen het? Hoe skryf ‘n digter oor ‘n dier wat meer mens dog minder hond was as die meeste rondom ons; iets verklap van die krake…
Hendrik J Botha. Rooidrom
Rooidrom In die hinterland van die Kaokoveld ‘n rooi drom genommer met Jan Joubert se naam daarop geverf: lukraak vol koeëlgate met ‘n hardekoolstomp as obelisk daarnaas, skerwe graniet rondom verstrooi en ‘n plat wit klip met name gelys as swyende getuies van ‘n tafereel afgespeel met leidrade vir hom wat speur….
Hendrik J Botha. ‘n Nag in die Kalahari
‘n Nag in die Kalahari -The desert is a natural extension of the inner silence of the body -Jean Baudrillard- Langs ‘n hardekoolvuur besoek ek opnuut ons kinderdae met broederskap skeefgetrap. Verhoudings ontspoor deur verwagtinge, veral deur vrees om feilbaar ontmasker te moet staan, so leef ons elkeen apart in ‘n…
Hendrik J. Botha. Blindelings
Blindelings Hualuronsuur met ‘n naald haarfyn ingespuit langs mondhoeke, lippe, wange om die spore van tyd en verwering uit te vee, dan onverklaarbaar ‘n bloedvat na ‘n retina af te sluit; ‘n swart gordyn wat voor jou netvlies sak soos aan die einde van die laaste bedryf. “Spieëltjie spieëltjie aan die wand,…
Hendrik J. Botha. Die dood op ‘n ligter noot
Die dood op ‘n ligter noot Om die weg van sterfte self te kies sou bepaald lei tot pandemonium. Elkeen sou galant terugstaan vir ‘n ander om eerste te gaan, dan diep nadink oor die mees gepaste weg verkieslik sonder pyn of ongerief: beslis nie ‘n gewas in milt of pankreas, ook…
(23) Hendrik J Botha
Heildronk op die nuwejaar en by nabaat op die oujaar In lig wat deur ‘n glas sjampanje skyn beur borrels na die oppervlak, verskietende sterre, nou omgekeer soos dit kies om swaartekrag só te ignoreer. Elke opdraend of bult word uiteindelik met meer of minder moeite oorwin, kyk ons uit vir die…