Gozo Wees lig op jou seemansbene as jy vroegmôre die veerboot haal na Gozo. En rus maar swaar teen die relings van jou verbeelding, want by Xaghra lê vroue-reuse se klipstapel tabernakels duisende jare al vervalle. Selfs die lieflike Kalipso se eens verleidelike grot bied deesdae weinig skuiling vir die ou rondlopermatroos sewejaar al…
Tag: Hennie Nortjé gedigte
Hennie Nortjé. Kraaie
Kraaie Eens was ek witbors trots verbeeld suiwer Aries arend, maar grootliks in die duister oor hoe die sterk donker vlerk, ook die meerderheid van my lyf tot groot hoogtes saam moes dra. Toe broei onder ons ‘n gitsswart rafie uit, maar dié was lagwekkend lomp, dom-astrant, duidelik kuikenlik gegrief. Raad was bloot mos vir…
Hennie Nortjé. L’ Agulhas: Vrydag, 13 November 2015
L’ Agulhas: Vrydag, 13 November 2015 Soos met die vroegste vaarders raak my kompas hier aan die Kaap van naalde ook vir ‘n oomblik deurmekaar, want in die simmetrie van strandkoolblare lees ek nou in ou Arabies gewyde verse. asof woordeliks uit die Groot Boek aangehaal. Maar dan meteens swiep die witkruis-paddavreter, skarrel man en…
Hennie Nortjé. Sy
Sy Daar is ‘n roering in die moerbeibome, die spinners woel onverpoos. Uit die skadu van die Groot Muur wieg kamele oor klipwoestyne, dag vir dag teen slakkepas na die slaapplek van die son. Deur Persië se groen valleie verby die brons duine van Arabië kruier die aaneengeweefde rye tot in Sidon aan…
Hennie Nortjé. Twee gedigte
Sal ons die wingerd prys? Wie hierdie blaar op die keper bekyk, sien dalk in die gehawende rand die buitelyn van ‘n gebroke hart en vanaf die hoofaar nerwe vertak om oor die groen soos families al wyer uitmekaar te spat, of dui só ‘n spinnerakdiagram, bloot die noodlottige paaie aan waarlangs…
Hennie Nortjé. Voorbeeld
Voorbeeld Julle skandbeelde staan nou knus saam-saam weg gepakkamer tot wie weet wanneer of waar die malligeid hom dalk weer herhaal. Vir die blertsende meeu en die skarrelende rot verrys gelukkig binnekort nuwe teikens om van voor af te bemors. Maar, o my liewe tyd, kyk: iemand het Mandela s’n bloosrooi gaan bespuit. …