Oor die hoë getal 100 Onverpoos word daar gegrawe, met beitel, trekker en nou sagteware na ‘n Rosettasteen om aan vas te hou, sodat ons daarop voort kan bou. ’n Soektog na die misverstande van matrose; die mymeringe van die heimatlose; na gebede wat bo die rookwolk klim; en name wat op…
Tag: Hercules Boshoff gedig
Hercules Boshoff. Gedagtegang
Gedagtegang Grotkelders, klipskerwe, skedelstuk word in projeksies, bespiegelings omskep van edel barbare, ‘n selfish-gene, homo so-en-so; of meer formeel: mevrou Ples. Bewegend-projekterend was jy: spiesgooier, boogskutter, beeldmaker; na oorsprong en kern bly ons op soek by jou wat buite ruimte en tyd, in plante, diere en die sterreruim gekyk en fyn geluister…
Hercules Boshoff. Op nommer 99
Op nommer 99 Laer trek reeds saam soos Revolusie bruis; Klapperkop kanonne word gelaai Met reklame-bomme terwyl Beeldstormers (ook Calviniste) Hoog raak op hul terpentyn. Sal daar vir gewone toeskouers Van skaamte en skaamteloosheidsvertonings ’n Tent wees vir refleksie, Tussen miskenning en oordrewe verering, Tussen grensloosheid en grensoorloë, Tussen Kaaping en Apartheid;…
Hercules Boshoff. Ons verweefde geskiedenis
Ons verweefde geskiedenis Die Ou Magiër het tot die wysheid gekom dat die werklikheid, soos dit bestaan, self die wonder der wondere is; en dat die mens in sy diepste wese die onvoltooide en onvoltooibare is. – N.P. Van Wyk Louw, Asterion. Vir elke plaas wat uitgekarteer is as eiendom, kragtens die wet, was daar ‘n…