Posts Tagged ‘Herman Wasserman kwatryn’

Kwatrynkompetisie (30)

Thursday, March 4th, 2021

 

Skemer

 

dis veral saans dat ek nog terugdink

aan ons dae van siektevry rinkink;

nou klink jou stem nog in my glas wyl

die nag agter wolkemasker wink.

 

© Herman Wasserman, 2021

 

 

Kwatrynwedstryd (27)

Wednesday, March 3rd, 2021

 

Lumier

Uit elke pestilensie se puin

sal weer ‘n bloednuwe dag verskyn –

ons klink saam ‘n glas en bly verwag

uit gekneusde druif die dieper samesyn.

 

© Herman Wasserman, 2021